Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
hallo
Tuis
ons lesers sê • Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
wat’s nuut
Skink ’n glasie! • ’n Mooi versameling wyne verdien ’n knus ruimte met aardse teksture en rakke waar hulle rustig kan verouder...
Asemrowend uit elke hoek • Danksy dié huis se slim ontwerp – verskillende skure wat met mekaar verbind is – pas dit perfek in sy natuurskone omgewing.
Klein juweel in die stad • Ongelooflike uitsigte van die ikoniese Melvillekoppies in Johannesburg maak dié opgeknapte huis ’n welkome toevlug uit die stad se gejaag.
Mooi opgedollie! • Pleks van ’n duur opknap het die kunstenaar Heidi Lund spatsels helder kleur gebruik om ’n ou huis nuwe flair te gee.
[ HEIDI SE TOP-KLEURWENKE ]
’n Herd vir elke huis • Houtkaggels, smeulstofies of ’n vuurherd waarin jy sommer ook kan braai – dié treffende kaggels is fokuspunte waarom die hele gesin kan saamkuier.
‘ONS KRY NOU BAIE MEER UIT ONS GARAGE’ • Die Loofers is een van
Snoesig en warm! • Maak jou eie kwilt vir die winter.
Kontemporêr of klassiek? • Deon wys hoe maak jy ’n rak so reg in jóú styl in net drie stappe.
Vra die kenners • Kort jy raad met die ontwerp van ’n trapreling, of oor die perfekte palet vir die buitekant van jou huis? Vra net – ons kry die antwoorde.
Ougoed of hougoed? Boodskappe in beeld
Trek weg of maak reg? • Dié knap, afgeleefde woonstel is ná ’n astrante aanbod as ’n belegging gekoop, maar vandag is dit ’n stylvolle ruimte waar die eienaars self nes geskop het.
TOTAAL R276 986
Dieremaniere
In geval van nood
Dié maand in jou tuin • Al is Augustus gewoonlik die winderigste maand in die binneland, is wind feitlik heeljaar ’n faktor in kustuine.
Vra vir JJ
Vra vir Ludwig
Tuinkopies
In volkome harmonie • Op ’n rots in Johannesburg het ’n musieken ’n kunsskepper ’n informele tuin aangelê met inheemse plante.
[ KLIP AS TUINTREFFER ]
Inheemse tuin in kothuisstyl
Sophia se blomme • In die hart van die Karoo pluk Sophia van Heerden arms vol van haar eie blomme.
Soos klei in jou hande • Kies kortpad met gekoopte blaar-, bros- en brooddeeg en tower vinnig dié resepte op.
Kos is op die tafel! • Vinnig en maklik, sonder sukkel.
kos & drank • Bly warm met goeie wyn en smullekker eetgoed!
Ferreira se laaste trek • Die meeste mense verhuis ’n paar keer in hul lewe. Maar dan kom daar ’n tyd, soos nou, dat ’n mens skielik aan die Laaste Groot Trek begin dink, sê Karin Brynard.